MY LEWE IS ‘N BREDIE . Elkeen van julle, my vriende en familie, dra op julle unieke manier by tot die bestanddele wat hierdie besonderse bredie maak.
Party van julle is die vleis in hierdie bredie. Julle is die voedsame proteine wat my laat groei. Ander is die aartappels. Die lekker styselkossie wat die energie verskaf wat my aan die gang hou. Dan is daar die kleurvolle en voedsame groentes wat ‘n gesonde balans aan my bredie gee. Sonder die broodnodige staatmakers, die uie en knoffel, is ‘n suksesvolle bredie ondenkbaar. Daar is die sout, die peper en ‘n paar unieke speserye wat die geur gee aan ‘n andersins smaaklose bredie. Laastens is daar die pietersielie bo-oor wat die bredie aptytlik lekker op die bord laat lyk!
Ek aanvaar met groot dankbaarheid hierdie diversiteit van bestanddele vir my pot. Elkeen van julle is ‘n onmisbare deel om van die bredie van my lewe ‘n smaaklike sukses te maak.
Welkom in die wonderlike wereld van 'n blogger. Ek is so bevoorreg dat jy my toelaat om deel te wees van jou bredie ...
ReplyDeleteJou bredie maak soveel sin .. wat 'n wonderlike beskrywing. sissi
ReplyDeleteWonderlik om jou blog te lees, Sonja! En onthou...as jy meer sterkte nodig het...so 'n bietjie rissie uit die land van rissies ingeroer in ou bredie...stuur net 'n mail en ek roer dit in. Ek mag ver wees, maar ek is LANGS JOU!!
ReplyDeleteSoene!
So glad that you have started to blog. It is such a wonderful experience that others can share with you on your journey of life. I love you to bits and my prayers are with you always. Try and stay positive and fight the fight for life. It is the only thing that each of us can do as only God knows how long our journey will be, but on our way we will experience moments of hardship and moments of inexplicable joy of knowing someone as beautiful as you are and the privilege of being part of the story of a life like yours. Have always loved you and always will, my VERY PRECIOUS FRIEND. May He give you the strength you need to fight this fight.
ReplyDeleteJou bredie lyk en klink watertand lekker!
ReplyDeleteWat 'n pragtige idee!
ReplyDeleteEk is trots op jou!
Liefde
O lekker! Nou kan ek jou blog lees en hopelik meer leer oor wat in jou koplaaitjies aangaan. Ek dink eintlik jy is wonderlik om so aanpasbaar te wees. Ek het nuus vir jou! Jy is 'n baie spicy bestanddeel in my lewe. Ons gesin is so lief vir jou en miskien eendag vertel ek jou nog in detail watter invloed jy al op ons almal gehad het. Onthou dat jy nog 'n groot rol het om te speel, aanhou né! Baie liefijou, Mileen
ReplyDeleteGeniet jou blog en al sy mense!! Jy moes lankal begin skryf! Dis vrekken goed! Ilse
ReplyDelete