Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Friday, December 31, 2010

DIE VAN RHYNS WORD GEKIEK




Hierdie Kersseisoen was ekstra spesiaal omdat ons laas in 2004 as ‘n gesin almal saam was.





 My vriendin, Laurette, het hierdie samekoms op film kom vaslê en het die wonderlikste fotos van ons geneem. 












Laurette en ek kom al ‘n lang pad saam.  Op skool het ons saam gimnastiek gedoen.  Later was sy my dansonderwyseres vir ‘n paar jaar en nou is sy fotograaf.  En soos met alles wat sy doen, doen sy dit uitstekend!






Baie dankie Laurette.  Dit is 'n voorreg om 'n kreatiewe vriendin soos jy te hê. 









Hierdie fotos is baie kosbaar vir ons en sal ons vir ewig herinner aan hierdie wonderlike Kersfees van 2010!
                                     













LAURETTE



LAURETTE EN EK
                                                          
'


A LINK TO LAURETTE'S PHOTOGRAPHY

2 comments: