Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Friday, December 17, 2010

"LIFE IS LIKE A BOX OF CHOCOLATES..."

Life is like a box of chocolates. You never know what you’re gonna get”.  Forrest Gump



En partykeer is daar een sjokoladetjie in die boks wat nie jou gunsteling is nie.  Maar daar is altyd genoeg waarvan jy hou!


Hierdie jaar het ek so ‘n slegte enetjie gekry.  MSA is sy naam.  Ons het lank gesukkel om sy papiertjie af te kry om te sien wat dit is.  Spanningvolle jare met baie toetse, scans, x-strale en konsultasies met spesialiste. 


 Met elke scan en konsultasie het die hoop opgevlam dat dit sommer net ‘n ou klein ietsie sal wees wat die dokters gou-gou kan regmaak.  En dan die weer die teleurstelling... 
Hulle sien niks en dit kan dalk Parkinsons wees.  “Ag Here”, het ek gebid, “laat dit tog asseblief nie Parkinsons wees nie”.  Totdat ek later behandel is vir Parkinsons…..en toe werk die pille nie en ek kan nie die berg uitklim soos die dokter belowe het nie.  Dit is dalk ‘n tipe Parkinsons sindroom... 


Toe bid ek, “Ag Here, laat dit maar liewer Parkinsons wees asseblief”.  Op 6 September 2010 maak dr Lubbe die diagnose van “MULTIPLE SYSTEM ATROPHY”, en ek proe hierdie slegte enetjie…..maar daar is nog baie ander in die boks waarvan ek hou.


Die lewe neem, maar hy gee ook weer.  Deure klap toe, maar daar gaan weer nuwe deure oop.  Soos ek nou hier sit en terug kyk oor hierdie jaar sien ek ook baie ander mooi dinge.
Die siekte het my tot stilstand gedwing.  Vir die eerste keer is ek stil genoeg om die mooi om my raak te sien.  Die mooi in die mense om my. 

                                       

Mense wat lief is vir my. 



 En ek voel nederig en gekoester deur hulle wat hulle tyd met liefde opoffer om my lewe vir my leefbaar en aangenaam te maak. 



 Baie dankie.

Baie dankie aan almal wat uitgereik het na my met telefoonoproepe, bemoedigende eposse, kuiertjies en facebook boodskappe. 

 Baie dankie aan almal wat my rondry na winkels, afsprake en lekker koffie-kuiertjies saam met vriendinne. 


Baie dankie vir die uitnodigings na lekker etes en verjaardae. 


Baie dankie dat julle saam met my planne maak om al die hindernisse met die rystoel te oorkom! 


Baie dankie aan die baie spesiale mense wat my toelaat om my masker so dan en wan af te haal. 


                               
 Die vriendin wat my ‘in tuck’ met ‘n kombersie. 
 

 Die met die ruim, kompassievolle harte. 


Diegene wat geestelike leiding gegee het en bygedra het tot die groei in my lewe hierdie jaar.  Dankie Johnny. 




Dankie Here vir al die mense op my pad wat my help om my kruis te dra”




 









                                   



                                                     






  


YOUR CROSS - GOD'S GIFT TO YOU

THE EVERLASTING GOD HAS, IN HIS WISDOM, FORESEEN FROM ETERNITY THE CROSS THAT HE NOW PRESENTS TO YOU AS A GIFT FROM HIS INNERMOST HEART.

THIS CROSS HE NOW SENDS YOU HE HAS CONSIDERED WITH HIS ALL- KNOWING EYES, UNDERSTOOD WITH HIS DIVINE MIND, TESTED WITH HIS JUSTICE, WARMED WITH HIS LOVING ARMS AND WEIGHED WITH HIS OWN HANDS TO SEE THAT IT BE NOT ONE INCH TOO LARGE AND NOT ONE OUNCE TOO HEAVY FOR YOU.

HE HAS BLESSED IT WITH HIS HOLY NAME, ANOINTED IT WITH HIS GRACE, PERFUMED IT WITH HIS CONSOLATION, TAKEN ONE LAST GLANCE AT YOU AND YOUR COURAGE, AND THEN SENT IT TO YOU FROM HEAVEN - A SPECIAL GREETING FROM GOD TO YOU - AN ALMS OF THE MERCIFUL LOVE OF GOD.

ST. FRANCIS DE SALES




Dankie EA vir hierdie pragtige woorde





3 comments:

  1. Liewe Sonja,
    In Engels is daar 'n gesegde wat so iets gaan: '... a picture that tells a thousand words' ... jou kiekies vertel 'n storie wat strek van hier tot by die sterre. Mag jy oorlaai word met net die lekkerste chocklits ... omsingel word met engele ... en gedra word na nuwe hoogtes wat jy nie geweet het bestaan nie. Dis 'n voorreg om jou vriendin te wees. xxx

    ReplyDelete
  2. Karin jy en al die ander engele in my lewe maak my 'n baie gelukkige ou girl!

    ReplyDelete
  3. Christine Appel Sjoe! pragtig! Dankie Sonja! En sterkte vir jou! Ons hou aan bid.
    December 17, 2010 at 7:50pm · Like · 1 person
    Sonja van Rhyn Dankie Christine :)
    December 19, 2010 at 8:43am · Like · 1 person

    Lydia Rorich Beukes Bly moedig my maatjie.. daar is altyd 'n surprise chocolate ook in die boks.. lief vir jou xx
    December 19, 2010 at 2:23pm · Like
    Sonja van Rhyn Hi Lyds, ek sien uit na daai surprise choccie! x
    December 19, 2010 at 5:17pm · Like · 1 person

    ReplyDelete