Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Wednesday, July 6, 2011

LILIAN KOOK 'WITMENSKOS' !



Die afgelope tyd het my vermoë om in die kombuis te funksioneer afgeneem en het ek besef dat ek hulp nodig anders gaan ons honger ly!  Ek gesels toe met Lilian, my altyd gewillige huishulp van baie jare, met die idee dat sy vir ons kan kook.  Wat maak sy vir haar gesin vir ete? Met ‘n skok besef ek dat ons eetstyl baie ver verwyderd is van hulle s’n, maar sy is gretig om te leer kook na ons behoeftes.

Onseker oor waar om te begin, dink ek dat bobotie, ‘n tipiese Kaapse Maleise gereg, sekerlik iets moet wees waarmee sy bekend is.  Ywerig pak ons dit aan en met trots gaan sy huis toe en vertel vir haar man van die ‘umboti’ wat sy gemaak het.

Sy is altyd baie gewillig en opgewonde wanneer ons iets aanpak, al sukkel sy nog met die verskil tussen ‘n eetlepel en ‘n teelepel.  Al het sy eers nie geweet watter kant kom die mes of die vurk nie, kan ek nou vir haar sê; “dek asseblief vir ses mense Lilian” en dan is alles netjies op hulle plekke, servette se punte almal in dieselfde rigting!

Ons maak ‘n lêer met resepte vir haar en nog een vir haar om huis toe te neem.  Op die dae wat ek nie goed voel nie, kook sy nou op haar eie vir ons een van haar staatmakerdisse uit haar reseptelêer.

Hierdie disse kook sy nou ook vir haar gesin en haar man sê hy hou baie van hierdie ‘witmenskos’ en kry minder sooibrand! Brêggerig nooi sy haar suster vir ete en beïndruk die familie met haar nuwe kennis en vermoëns!

Haar entoesiasme het nie einde nie en bak ons nou al koek, beskuit, muffins en pannekoek.

Smiddae wanneer haar werk klaar is, sit sy by die kombuistoonbank en bybelstudie doen.  As vrou, ma en Christen ‘n voorbeeld vir my om na te volg.  Soggens as sy inkom kry ‘Mamma’ (dis wat sy my noem!) eers ‘n lekker drukkie en dan besef ek wat ‘n voorreg dit is om so ‘n blymoedige mens in my span te hê!

2 comments:

  1. Lynette Knott Pragtig Sonja....wat 'n wonderlike mens is Lilian...ek kry sommer 'n knop in my keel!
    July 6 at 2:38pm · Unlike · 1 person

    Mariska Slabber Baie oulike storie ons besef nie aldag hoe gelukkig en bevoorreg ons is om te eet wat ons eet en bly waar ons bly nie!
    July 6 at 10:10pm · Unlike · 1 person
    Sonja van Rhyn Lynette sy verryk my lewe op soveel maniere :)
    Thursday at 8:34am · Like · 1 person

    Gesina Spangenberg Ek kom haal haar einde van die jaar. Gaan haar n baaaie beter aanbod maak..... !!
    Friday at 12:18am · Like
    Sonja van Rhyn Jy kan traai, maar sy is baie lief vir 'mamma'!
    Friday at 7:44am · Like

    Anchen Van Der Merwe hmmm... wens ek kon ook 'n afskrif van daai lêer kry! Wat aanvanklik seker as onbegonne taak gelyk het en nou maak Lilian al die koekieblikke vol :)
    12 hours ago · Like

    ReplyDelete
  2. Loubser van Rhyn Ek gaan vir Lilian groot present moet koop wanneer ek weer kom kuier!
    Friday at 6:29pm · Unlike · 1 person
    Sonja van Rhyn Sy sal BAIE daarvan hou!!
    23 hours ago · Like
    Helena Le Roux Ek hou so baie van jou griffels, dit is so interessant, jy kan amper 'n boek skryf daaroor, ebn sluit Lilian se stories ook in.

    ReplyDelete