Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Sunday, August 14, 2011

BLOMME VAN STAAL ~ DIE SONNEBLOM



Vroegoggend toe die voëltjies my wakker maak voel ek die andersheid in die lig aan.  Die belofte van nuwe lewe, die lente is oppad!  En ek wonder of die wonderwerk van Namakwaland hierdie jaar gaan gebeur? Die wonderwerk waaroor D.J.Opperman hierdie mooi woorde geskryf het;

“Op die groot saaidag van die heelal het reeds ‘n entjie duskant Wupperthal oor die kaal Noordweste ‘n sakkie van die Heer se beste saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval…..”

Het hulle genoeg reën gehad hierdie jaar vir die saadjies om te ontkiem?  Was die opvolgreën genoeg om die plantjies te laat groei?  Gaan die oostewind hierdie jaar alles weer in ‘n oogwink laat verdwyn? 


Ek was al daar wanneer moedernatuur al haar kulkunsies uit haar sak gehaal het en die hele, andersins kaal wêreld besaai het met die geilste verrassings om elke draai.  Wanneer ek gedink het dit kan nie mooier nie, is ek keer op keer verkeerd bewys deur mooi in die oortreffendste trap!  In my geestesoog sien ek hierdie vistas van blomme en ek wonder of ek weer ‘n kans gaan kry om dit te aanskou?

My oë gaan oop en ek sien die blomme is hier!  Hier reg om my groei hulle regop, sterk en onafhanklik van die seisoene.  Elke blom in my kop verander in die gesig van ‘n vriendin, familielid, die vrouens in my lewe.  My blomme van staal!

Met ‘n glimlag gaan my gedagtes oor hierdie blomme wat die Heer al lankal op my dorre paadjie gesaai het en ek haak vas by die SONNEBLOM!  My vriendin, my maatjie van Sub A.  KARIN!  Sterk en hoog bo die ander blomme uitgegroei, gesig altyd na die son gedraai, groot oop hart met baie sade in.  Sade wat sy wyd uitstrooi en wat maklik ontkiem en in ander mense se harte groei.


Ruimhartige sonneblom wat altyd ander mense se behoeftes raak sien.  Wat mildelik, sonder huiwering alles van haarself gee voordat daar gevra word.  Ander mense se behoeftes altyd eerste.  Kompassievolle mens.  Ek verwonder my aan die mens wat jy geword het.  Ek wonder of ek, as die rolle omgeruil was, so ‘n goeie vriendin vir jou sou kon wees soos wat jy nou vir my is.
 
Omdat jou nostalgiese hart so oop is, trek dit nie altyd net die bye aan nie.  Ek sien daar het ‘n paar lelike sprinkane kom vreet aan jou sade en ek wil hulle onder my hakskene vermorsel dat die sop spat!  Maar jy is ‘n sterk groeier met baie sade en ek glo jy sal dit oorleef en instinktief sal jou gesig altyd weer na die son draai.

Dis juis daardie oop, toeganklike hart van jou wat jou maak wat jy is: ‘N SONNEBLOM VAN STAAL!

I see you there in glory shining bright,
Following the sun and its path of light,
Standing tall above all others in the field,
You grow, conquer, and do not yield.
Katherine R. Lane

4 comments:

  1. "I see you there in glory shining bright,
    Following the sun and its path of light,
    Standing tall above all others in the field,
    You grow, conquer, and do not yield.
    Katherine R. Lane "

    .... ek neem hierdie pragtige woorde en bêre dit in 'n hoek van my hart, en ek weet, jou lig sal ewig brand.

    ReplyDelete
  2. Hi Sonja! Dankie vir die kuiertjie by my blog - ek het sommer dadelik hier by jou ook kom inloer! Ek sien uit daarna om ook op te vang met al jou 'posts'! :)

    ReplyDelete
  3. Deirdre Taylor jy skryf pragtig!
    August 15 at 11:09am · Unlike · 1 person

    Lynette Knott Pragtig Sonja.....ja die ou lelike sprinkane wil ook altyd orals wees!
    August 15 at 11:16am · Unlike · 1 person

    Gesina Spangenberg Jy kan maar aanhou griffel ! Jy't nie vir ou Boef nodig om te se, mooiso ou dogter !!!
    August 15 at 11:29am · Unlike · 3 people

    Marina Rankin Baie mooi en so goed vir die siel
    August 15 at 5:37pm · Unlike · 1 person

    Helena Le Roux Ek bewonder jou regtig, en jy kan alles so mooi beskryf.!!! :)
    August 15 at 8:51pm · Unlike · 1 person
    Sonja van Rhyn Wat 'n heerlike verrassing om vanoggend al hierdie positiewe kommentaar te lees! Baie dankie!
    Tuesday at 8:00am · Like · 1 person

    Gesina Spangenberg Watwo ! Jy is die positiewe een ! Top of the range !! Go girl !! xx
    Tuesday at 10:04pm · Unlike · 1 person

    Christine Appel Lekker om jou mooi skryfwerk te lees! Dankie dat jy dit als met ons deel! Liefde.
    Tuesday at 10:05pm · Unlike · 1 person

    ReplyDelete
  4. Hello Sonja, Emilene het my na jou blog verwys. Ek sal beslis weer hier kom inloer. In die eerste plek skryf jy fantasties, maar ek sal ook graag meer oor die siekte wil leer. Ek bewonder jou positiwiteit!!

    ReplyDelete