Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Wednesday, August 31, 2011

EK KAN IN DIE BOS PIEPIE!




Vanoggend lê ek weer in die bed en mediteer oor die lewe en die draaie wat hy met mens maak en aan die familie  en vriende wat ons ondersteun.  Ek dink aan 'n paar van die ander “blomme van staal” in my lewe waaroor ek nog wil skryf.  Aan Susan en Frans, Ilse en Anton,….en al die lekker dinge wat ons al saam gedoen het. Vakansies, 4x4 avonture op ver paaie, staproetes, blommekyk…..te veel om oor te skryf….maar waar het dit alles begin?

En ek besef die waterskeiding vir my het in 1993 gekom toe ons by die Oranjerivier afgeroei het!  Ja, ons het voor dit al saam gekuier, maar daardie eerste trippie met die kano’s by die Grootrivier af was vir my die waterskeiding.  Op daardie vaart het ek ‘n baie belangrike ding geleer wat my kop oopgemaak het vir baie ander avonture:  EK KAN IN DIE BOS PIEPIE!


Ek kan ook alles wat ek nodig het vir 4 dae in ‘n klein blou drommetjie pak.   Ek, wat my hare elke dag was en droog blaas, kan sonder ‘n haardroër regkom vir ‘n paar dae!  As daar nie ‘n spieël beskikbaar is nie, weet ek tog nie hoe ek lyk nie!  Dit het my reishorisonne verbreed en ek was nie meer gebonde aan hotelle en plekke waar daar chalets is nie. 

Om ‘n kano saam met jou man te roei is ‘n uitdaging wat enige huwelik tot die uiterste beproef.  Menige mede-roeiers sal kan getuig van die onmin tussen gades as daardie kano omval omdat jy bo-oor ‘n klip geroei het ipv links of regs verby en dit is voorwaar ‘n goeie les in kommunikasie tussen huweliksmaats.  As julle nog met mekaar praat teen die einde is dit ‘n teken dat hierdie huwelik baie storms sal kan weerstaan!

EK EN LOUBSER, GAMKAP 1996

Die stroomversnellings in die rivier het my braaf genoeg gemaak om baie ander avonture met selfvertroue aan te pak.  Dit het my geleer om te swem as jy uitval, terug te klim en weer te probeer!

PIESANGSNY KOMPETISIE, JOHNNY EN FRANS

Maar een van die belangrikste lesse was, dat ek saam met my man, my kinders en die lekker geselskap van ‘n paar goeie vriende, onder enige omstandighede en op enige plek gelukkig kan wees!

DIE EINDE!
http://www.orangemsa.com/

I salute the people who help to raise awareness of MSA in any way and challenge all of you to do so!
http://www.world-msa-day.org/World-MSA-Day/HOME.html - lees hier! 3 Oktober is MSA dag.  Kry die  kerse reg en brand hulle vir ons asseblief


4 comments:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  2. To Ritje, I was baffled by your comment about Tim's shoe and wrongly deleted it. To all who read this please visit "Where is Tim's shoe" in facebook and you'll understand. Here is Ritje's comment:

    Dag, Alles goed in zuid-afrika? hope everything is ok for the moment.
    Ik zag je foto bij de PatientsLikeMe - laat maat weten wat je kan doen voor de schoen van Tim?
    Dag van
    Ritje
    Belgium

    It turned out to be a great project to raise awareness of MSA!

    ReplyDelete
  3. WOW...love it! En ken so baie van jou vrinne!!

    ReplyDelete