Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Sunday, December 4, 2011

MY HART PRAAT AFRIKAANS ( Nederlands, Frans, Maleis, Engels…)


In die vroeë oggendure hoor ek die Muezzin roep vanuit die moskee ‘n paar blokke van ons huis.  Dit laat my altyd met ‘n rustigheid oor die voorreg wat ons in hierdie land het om enige godsdiens vrylik te beoefen.  Hierdie moskee, die NG kerk en die Presbiteriaanse kerk is letterlik ‘n klipgooi van mekaar geleë.  ‘n Entjie see se kant toe is ‘n Joodse moskee omskep in ‘n woonhuis vir iemand.  Ek wonder waar aanbid die Jode nou?

Hoekom is die moskee hier in die middedorp, verweg van die woonbuurt van die Moslems wat daar bid?  Het hulle eens hier om die moskee gewoon?  Hoeveel lief en leed lê opgesluit in die geskiedenis van ons dorpie, die Strand?

Gister neem Johnny my skoenwinkel toe.  Tevrede met my nuwe aankopie, vra ek hom om my gunsteling gemaklike skoene, my “kaparangs” vir my aan te trek.  Die vrou wat ons bedien kyk verwonderd op en sê, “Haai mevrou, dis ‘n Maleise woord daardie!” Sy verduidelik dat ‘n kaparang in soort aanglip sandaal met ‘n houtsool is en wonder hardop waar ek aan die woord kom.  “Seker by my ma gehoor?” antwoord ek.  Ek wonder waar het ek die woord geleer?  Weet ek al my hele lewe lank van kaparangs?  Hoeveel ander woorde van ander tale is deur die geskiedenis  van ons land onlosmaakbaar ingeweef in die kleurryke tapyt van my hart se taal…en my kos, kultuur…my hele menswees.



HAT – Verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal;  kaparang, (Jav) Slamse skoeisel bestaande uit ‘n plank of blok, min of meer na die vorm van die voet gesny, wat onder die voetsool kom en voorop ‘n regopstaande rolletjie het wat tussen die eerste twee tone vasgeknyp word.

2 comments:

  1. Ek is seker 'n kaparang kan jy aantrek as die kaparang jou pas . . . . of daar kan nie 'n klippie in 'n kaparang vassit nie . . . die woord laat my baie dink aan mense wat hulle so gedra . . . kampararig!!!!!!!!

    ReplyDelete
  2. 'n Moskee daar in die middel van die Strand - sal met nuwe oe kyk..Ek soek ook 'n kaparang!

    ReplyDelete