Lekker verkneukel ek my aan die onnutsige donker kant van die movie, "THE PERFECT HOST", maar vir die soveelste keer word my aandag afgetrek deur die selfoon skuins voor my wat in my oë skyn, die eienares besig met 'n volgende sarsie sms'e.
"verskoon my" - stemmetjie te sag en bang om aanstoot te gee... Tandeknersend en beheersd harder, "VERSKOON MY, MAAR KAN U ASSEBLIEF DIE SELFOON SO VASHOU DAT DIE LIG NIE IN MY Oë SKYN NIE"! (Is dit 'n onredelike versoek?)
Salig omvou deur die donkerte word ek weer ingetrek deur die storielyn van die skynbaar beskaafde man wat verseg het om die slagoffer te word van 'n wrede misdadiger, die situasie omgedraai het en nou die onnoembare aan hierdie einste misdadiger doen. Ek wonder of daar diep binne in almal van ons so 'n donker kant is?
Wrewelrig flets my oë vir 'n oomblikkie terug na die kop van die selfooneienares.....of is dit net EK? Net ek wat so voel oor die irriterende, onnadenkkende gedrag van party selfoongebruikers?
Sonja... jy praat so reg uit my eie hart!
ReplyDeleteEk kan ook saampraat - het nou onlangs die selfoon-kugel van Rosebank ingeloop na die tyd nadat sy vele oproepe beantw het tydens diep fliek in cin nouveau..nogal..
ReplyDeleteHet opgegee om vir haar die etiket van regte cinema te probeer skets: "it's the building team of her mansion who keep on phoning her.."
Saam met menopause het ek beslis 'n baie donker kant bygekry :)