Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Saturday, October 23, 2010

PRINS ALBERT


Ons het lekker gekuier in Prins Albert 20-22 Augustus 2010



Die vriendelike, liefdevolle kat het heel naweek by ons gekuier


Die oulike gastehuisie waar ons gebly het, Vergeet-my-niet

Dit was my verjaardag en ons het net lus gehad om weg te kom van al die stres die afgelope tyd.  Ons vriende, Frans en Susan is besig om 'n huis daar te restoureer en ons wou gaan loer hoe lyk dit....

Frans snoei die wingerd by die huis wat hulle besig is om te restoureer

Lekker ou kuier huisie

....EN EK VOER DIE EENDE IN DIE LEIWATERDAM




Baie huise in Prins Albert het leiwaterdamme wat hulle vol maak wanneer dit hulle leibeurt is



Saterdagoggende is daar 'n plaasmark met heerlike organiese groente, pannekoeke, gedroogde vye en ander produkte uit die omgewing.  Tannie Lettie, een van die inwoners, gebruik hierdie fiets om haar ware op uit te stal.  Susan het die fiets vir haar huis toe gery.



Die twee hoendertjies het ook by ons
kom kuier en die hennetjie het twee
eiers gelê in die vaatjie op die stoep



 


....en die gasvrou het ons welkom laat voel met 'n pragtige bos veldblomme!

2 comments:

  1. Die foto's is so mooi .. ek wil sommer nou soontoe gaan. x

    ReplyDelete
  2. Pragtige kat op die eerste foto! xx

    ReplyDelete