Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.~ C.J. Langenhoven



Sunday, February 13, 2011

DIS HOE DIT NOU IS...






Deesdae sien mense my meer gereeld in die rystoel en dan ‘skrik’ hulle wanner ek opstaan en met die ‘walker’ stap, en kan nie verstaan dat ek my bene kan beweeg nie. Ek wil net ‘n misverstand uit die weg ruim. Ek is nie verlam nie, maar ek kan nie loop nie. Nie eens een treetjie sonder die ‘walker’ nie.


HOE WERK DIT? In die geval van ‘n spinalekoordbesering, soos ‘n parapleeg of kwadrupleeg, is dit soos ‘n drukker (die spiere van die bene en die arms) wat aan ‘n rekenaar (die brein) gekoppel is, maar die draad (die spinalekoord/senuwees) tussen die drukker en die rekenaar is afgeknip, dus kan die rekenaar nie meer met die drukker kommunikeer nie. Die rekenaar is egter nog in ‘n perfekte, werkende toestand. In die geval van neurologiese siektes, soos MSA, is daar egter ‘n problem met die hardeskyf van die rekenaar en het die brein van sy funksies verloor om boodskappe na die spiere te stuur. Maar nie al die kommunikasie is afgesny soos met ‘n verlamming nie. Die medikasie (dopamine) wat ek neem help ook in ‘n mate om hierdie kommunikasie aan die gang te hou.


HOE VOEL DIT? Daar is ‘n effense dooie gevoel in my linkervoet en enkel en prikkels vanaf my heup tot by my voet. Die spiere in my linkervoet werk nie meer goed nie en gevolglik is my tone wyd uitmekaar en die voetbrug het gesak.


WAT KAN EK NIE DOEN NIE? Ek het ‘n totale verlies van balans en moet uiters versigtig wees om nie te val nie.


HOE AFFEKTEER HIERDIE VERLIES AAN BALANS MY? Ek kan glad nie loop sonder om aan iets vas te hou nie. Kan nie nie langer as ‘n paar sekondes staan nie. Omdraai of van rigting verander is die moeilikste beweging om uit te voer. Al hierdie simptome maak dit baie moeilik en gevaarlik om bv kos te kook, want in ‘n kombuis draai ‘n mens gedurig tussen die stoof, die toonbank en die yskas. Om ‘n bak of pot met twee hande op te tel is onmoontlik, want ek moet altyd met een hand aan iets vashou. Badkamers is gevaarlike, gladde plekke. Oor ‘n bad se rant kan ek lankal nie klim nie. My nuwe badkamer het ‘n inrolstort (geen muurtjie om oor te klim nie) en vir veiligheid gebruik ek ‘n stortrystoel. Tuinwerk is onmoontlik. Die ongelyke oppervlaktes buite maak dit gevaarlik en om ‘n tuinslang te gebruik is onmoontlik.


HET EK PYN? Omdat ek mank loop affekteer dit my rug en heup en ek neem nou en dan pynpille, anti-inflammatoriese pille en gaan vir fisioterapie.










WAAROM KAN EK NIE MOTOR BESTUUR NIE? Ek kan, maar ek mag nie omdat my reaksie tyd aangetas is. Enige stres het ‘n onmiddellike fisiese effek op my. Ek ‘vries’, begin bewe en dan kan ek glad nie beweeg nie. Nie ‘n goeie ding vir mede padgebruikers nie!


Hoe minder ek beweeg, hoe moeiliker raak dit om te beweeg. Wanneer ‘n lang tyd in die rystoel gesit het, is dit moeiliker om op te staan en met die ‘walker’ te loop. Daarom is my oefenprogram ook ‘n essensiële deel van my terapie. “If you don’t use it, you lose it”!








DIS HOE DIT NOU IS....., maar is julle vra hoe gaan dit, is die antwoord; “goed dankie”. Met die hulp van baie mense en genade van Bo, kry ons dit reg om aan te gaan met ons lewens.

6 comments:

  1. Dankie vir die insig, Sonja! Nou verstaan ek ook! Ja, ek staan magteloos teenoor jou situasie, daarom beteken jou mooi oop gesindheid in dit alles so ontsettend baie! Sterkte, Niggie! Ek bid vir jou en Johnny!

    ReplyDelete
  2. Dankie liewe Sonja vir die uiteensit van hierdie MSA diagnose en hoe jy moet aanpas - veral wat balansprobleme betref..
    Dis vir ons swaar om te lees en te verwerk - maar wil graag beter verstaan en weet jy cope met elke nuwe bult..
    Anchen

    ReplyDelete
  3. Dankie, Sonja. Dis eintlik die vrae wat ons wil vra, maar is meesal te skaam om so reguit goet te vra. Fanx vir al die inligting.

    ReplyDelete
  4. Jy hoef nooit skaam te wees om te vra nie. S

    ReplyDelete
  5. ...en dankie vir die verstaan niggie en Anchen

    ReplyDelete
  6. d Lunnon Sterkte Sonja! Miskien is dit die Steenbras se water ...Sparkling Steenbras
    February 13 at 3:50pm · Unlike · 2 people

    Marlene Van Jaarsveld Ek is elke tree en rol vd wiel met jou... al is dit oor die afstand!
    February 13 at 5:09pm · Unlike · 1 person

    Christine Appel Baie stunning! Dankie Sonja, jou blog-griffels bring baie duidelikheid. Jy bly baie diep in my hart!
    February 13 at 10:21pm · Unlike · 1 person
    Sonja van Rhyn Ed ek distilleer my water net vir ingeval. Hou baie van die familiefoto op jou webwerf!
    February 14 at 9:12am · Like
    Sonja van Rhyn Dankie Marlene en Christine. Julle volgehoue ondersteuning en gebede dra my!
    February 14 at 9:14am · Like · 2 people

    ReplyDelete